Sentinelese

Sentinelese

Totale bevolking: 15[1]-500[2]
Belangrike bevolkings  in: Noord-Sentineleiland, Indië
Taal: Sentinelees
Geloofsoortuiging: Onbekend
Verwante etniese groepe: Miskien Jarawa of Onge

Die Sentinelese (ook genoem die Sentineli of Noord-Sentineleilanders) is die inheemse volk van Noord-Sentineleiland in die Andaman-eilande van Indië. Hulle beveg enige kontak met die buitewêreld en is ’n geïsoleerde volk, hoewel daar al beperkte kontak met hulle was.[3]

Die bevolking word geraam op 15 tot 500. In 2001 het amptenare van die Sensus van Indië[4] 21 mans en 18 vroue aangeteken. Dié opname is van ’n afstand gedoen en is dalk nie ’n akkurate weergawe van die eiland van 59,67 km2 se bevolking nie.[5] In die 2011-sensus is 12 mans en drie vroue getel.[1] Die gevolge van die aardbewing en daaropvolgende tsoenami in 2004 in die Indiese Oseaan is onbekend, behalwe bevestiging dat hulle die onmiddellike gevolge oorleef het.[6]

Die Oostenrykse skrywer Heinrich Harrer het een man beskryf as sowat 1,6 m lank en oënskynlik linkshandig.[7]

  1. 1,0 1,1 "District Census Handbook: Andaman & Nicobar Islands". Sensus van Indië: 156. 2011. http://censusindia.gov.in/2011census/dchb/3500_PART_B_DCHB_ANDAMAN%20&%20NICOBAR%20ISLANDS.pdf#page=177. Besoek op 1 Augustus 2015. 
  2. "Earth from Space: North Sentinel Island". Europese Ruimteagentskap. 29 April 2005. Besoek op 1 Augustus 2015.
  3. Nuwer, Rachel. "Anthropology: The sad truth about uncontacted tribes". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2019. Besoek op 8 Augustus 2018.
  4. Enumeration of Primitive Tribes in A&N Islands: A Challenge (Report). http://censusindia.gov.in/Ad_Campaign/drop_in_articles/06-Enumeration_of_Primitive_Tribes_in_A&N_Islands.pdf#page=3. 
  5. http://ls1.and.nic.in/doef/WebPages/ForestStatistics2013.pdf
  6. "Did Island Tribes Use Ancient Lore to Evade Tsunami?". National Geographic Society (in Engels). 24 Januarie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2017. Besoek op 1 Desember 2014.
  7. (de) Harrer, Heinrich (1977). Die letzten Fünfhundert: Expedition zu d. Zwergvölkern auf d. Andamanen (in Duits). Berlyn: Ullstein. ISBN 3-550-06574-4. OCLC 4133917. Besoek op 26 Julie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search